Nasaat
Jy steier teen die trappe op in donkerte gehul
Jou donker lokke hang soos ? galg in weerwil
van die ligte atmosfeer
Wat die eksodus van jou glimlag vooruitgaan
Op ? bed in chaos gedompel lê jou perlemoen se kluis
Waar daar eens pêrels was is daar nou net die nasmaak van ? kus
wat jou verraai het en jou wurg
Met ? halssnoer van juwele, wyl die swyne lag
REFREIN:
Ons treur vir jou, my kind,
maar die wêreld is so haastig
Behoeftes soms so blind
en grafte soms so lastig
Ons treur vir jou, my kind
Maar jou trane is jou eie
en jou treurlied maar net wind
Ek steier teen die trappe op in ekstase gehul
Jou donker lokke en parfuum het die waarheid reeds verkul
As ek stilbly moet jy weet daar’s ? leun wat lankal prut
en tussen sweet en skreeu aan my binneste vreet
Sentiment verraai, saam met Tolstoy op my laaikas
Moet aanskou hoe winde tussen lakens en die skemas
Van ? disposisie, ouderwets en liberaal
Diep en dodelik donker
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


