Narsis

  • 0

Foto: Canva

Narsis

blikners lê die sprankel
die konkel in die deur
bedag op ieder wankel
o spieëltjie-aan-die-wand!

iewers ets die spore
’n wrede ánder kant:
angs en bitter twyfel
as magsvertoon verpand

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top