Nar
Somtyds wonder ek waarom
Somtyds vra ek hoekom
is die weergawe van ek
nie beter as 'n nar in die nag?
Ek staan agter die glas
waar jy sit en staar
Sien hoe die mense lag
as hulle die nar gewaar
Kan nie glo wat jy doen
Jy het my verraai met 'n soen
Menslike Judas, jy het my verhoor
Jy het my hart met die spyker deurboor
REFREIN:
Maar hoekom vat jy speelgoed verf?
Verf reënboogkleure op my gesig
Sit my in die glas op die agtererf
Ek weet nie hoe ek nie kon besef
ek is die nar, die grap, jy sit met die gelag
Somtyds terwyl ek kyk
van agter die glas na jou
Wonder ek hoe dit lyk
as my hartsnare besig is om te vou
Ek vat die permanente kwas
en breek deur die glas
Ek besef ek is net 'n las
En jy is 'n Picasso wat was
Kan nie glo wat jy doen
Jy het my verraai met 'n soen
Menslike Judas, jy het my verhoor
Jy het my hart met die spyker deurboor
REFREIN
Ek staan in die reën
Voel hoe die verf verdun
Dit vloei af teen my been
Jou houvas in iets van die verlede
want die nar is gered vir 'n rede
Geen glas wat my meer keer
? Nar vir jou is ek nie meer
Ek het 'n waardevolle les geleer
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


