Namib, watse spes-magte was jy in?

  • 0

Sover my “jêm”-kennis strek, was daar 1VK tot by 5VK. Die 5VK-ouens was mos van Phalaborwa en ’n swart/wit-eenheid? Dan was daar die 44Pathfinders van Jan Breytenbach, klomp oud-Rhodesiërs. Ek hou nie van daai rooi jam nie, ek dink dis daai gemengde jêm. Ek wonder net hoe die tonne landmyne in Angola beland het, vir die “DMZ” tussen SWA en Kunene-provinsie? Jul spes-mag ouens het seker gedra dat jul skuit aan dit? Dan, die 3 Rolls Royce-kragopwekkers uit Xangongo, wat die hele Kunene-provinsie van krag voorsien het, was seker swaar op daai Land Rovers met terugslaglose kanonne op? Ek wonder darem soms oor daai ammo-kistoilet met waarskuwing vir manne met lang slange, vir vashaak met opstaan, daar by lughawe in Ongiva? Elke eenheid was nie altyd duidelike met Direktoraat Koverte Inligting-eenheid afgebaken nie en gewone DP's het ons nie eens raakgesien nie. PF's het ons gehaat, want ons het nie by operasionele praktyke aangepas nie en met sagte velle die konvooi bevelvoerder laat vloek in Angola in. Gelukkig lyk ek Portugees! Ek wonder hoe die suide van Angola nou lyk. Is daar weer dorpies gebou? Wat my ondergekry het, was dat ons die “ongelowige kommunis” geveg het, met ’n Rooms Katolieke kerk in elke Angolese dorp en ’n Portugese Katolieke Bybel in die sak? Ek het met kampe by Regiment Botha in Ermelo darem knus in Lebomboberge lepel agter buddies gelê as hul ons in berge langs Swaziland grens in ’n seksie vir 2 weke op ’n slag afgelaai het. In ’n donderstorm op die berg onder daai pisvelle, het nie 1 van 5 aan moffiestreke gedink nie, eerder aan om soveel hitte as moontlik in nat slaapsakke. Ek ken Namibië baie goed. Groete van huis tot huis.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top