Namib, vrugte- of groenteslaai?

  • 0

Ek dink tans weet SA vroue hul is soos ’n tamatie. n Vrug, wat mens net in ’n groenteslaai gebruik, maar wil bevry word van die geykte. Ek dink die appel-storie in paradys, was eintlik ’n tamatie-storie. Dis diè affêre van ontdek jou innerlike man, by vroue wat masturbasie ontdek het. Kyk, geen man het ’n innerlike vrou, soos ’n vrou ’n innerlike man het nie. Dit hang saam met geniet die vrugte in seisoen vir my? Is jou kinders werklik gelyk? Hul het dan dieselfde gene en lewensomstandighede gehad? Die geslagsgelykheidswette in SA, is so bietjie so: die wetenskap wys dat man en vrou verskil soos dag by nag, maar dalk bring die gelykheidswetgewing ’n wonderwerk? Ek moet jou gelyk gee. Daar is ’n paar tamatie-manne wat vir wetgewing gestem het, vir diskriminerende wetlike bevoordeling van vroue as voorheen sosio-politiese benadeeldes in SA. Na alles bly die tamatie nog steeds ’n vrug wat nie in ’n vrugteslaai, maar in ’n groenteslaai in die algemeen gebruik word. Sien, in SA is dit wetlik moontlik dat vrou met vrou en man met man kan trou. Jul het nog ’n lang sinkplaat pad tot “gelykheid” bevryding in Namibië. Glo my ek sukkel, ek is nog uit ou skool en ’n hippie. Ek dink nog aan tamatie in my groentetuin, nie in die vrugteboord nie. So, ek verteenwoordig vir vroue onderdrukking, wat vasgevang is in hul eie konsternasie van bevryding.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top