Namib, vlieë en brommers!

  • 0

Dit lyk my met die hitte, het ekstra vlieë en brommers die toilet betrek in die township waar ek werk. Die toilet is ’n riller op ’n goeie dag, maar op ’n naweek ’n vieslike plek. Daar is sulke brommers wat klink soos ’n baie ou Dakota wat sukkel in turbulensie op ’n snikhete dag. Hul kruip in urinaal weg, maar die goed maak die gesegde, “soos water van ’n eend se rug af”, se naam gat. Man kan hul nat pie en dan kruip so ’n brommer uit die pyp, skud daai vlerke en vlieg met daai nat pote reguit vir ’n man se gesig. Dis om van in ’n man se beste Sondag-onderrok te skuit. Om te dink daar is intelligentsia wat erotiese kapitaal beleef onder sulke omstandighede. My rug is sommer in permanente spasma, so gril ek oor die blote gedagte, terwyl ek Doom staan en spuit. Ek kry omtrent ’n asma-aanval van die Doom en die vlieë en brommers lyk of hul op steroïedes is, op pad by die vensters uit. Wat my verbaas, is dat die ouens nog vooruitgang beleef in hul werk, ongeag van velkleur. Lyk my dis die voorvoegsel, Santa Jaco?

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top