Ek is ’n nostalgiese motorfietsman. Wens ek het geld gehad om my droom van ’n Big Bobber waar te maak. Dis nie vir vinnig of ver ry nie, dis die genot daarvan om net na die kafee om die hoek te kan ry. In die VSA is dit ’n algemene affêre en is die rollende onderstel goedkoop. Daar kan ’n man die ding stuk-stuk koop en aanmekaar sit, soos jy ’n spaargeldjie het. Sien foto. Hierdie styl is uit die tyd van die “duck tails” en Buddy Holly. Nostalgie en tyd vir leef?

Hans Richardt

