Dit lyk my ’n man moet ’n Pti-houding inneem, eerder as ’n romantiese. Vroue is glad met bek, maar as die klere afkom, word droom vinnig ’n nare nagmerrie. Die feit is, dis beter om ’n flukse fikse vrou, as ’n romantiese vrou met kurwes op plekke te hê. Ek sal van nou af as ’n voorvereiste ten minste vra vir ’n middeljarige vrou wat 30 “sit-ups” saam met my kan doen. Ten minste sal ek weet, dit sal nog voel soos ’n ou bobbejaan wat met die mielie onder die arm weghol! Nee, o magtie, te veel verbale diarree in al die “kom ons kliek”-advertensies, wat “beat around the bush”-wanvoorstellings is. Moet die glibberige palings met verbale diarree ook uit oorlê.
Hans Richardt

