Namib, koloniale gebruike in Namibië

  • 0

Ek het met ’n Duitse brunet argitek gesels in Karoo. ’n Blokkop uit die Swartwoud. Sy was so 2 jaar gelede op toer in SA, na sy die Groenpunt-stadion besoek het. Sy het opgemerk dat die Duitsers in Namibië in Keiser Wilhelm-tyd vasgehaak het. Ek kry die idee dat die Afrikaanse bevolking êrens net na die Dorsland-trek en grensoorlog vasgehaak het, in denke. Die rede vir die chip van die ou blok af se denke, was juis dat sy die maniere en musiek uit die keiser tydperk, baie oordrewe en amusant saam met swartwoudkoek en koffie, in die woestyn gevind het. Wel, jou stelling dat die man “hoof van huis” is op die plaas, klink darem baie erg in die demokratiese SA-konteks, van bevryde voorheen politiese benadeelde. Wel, plaas, dorp of stad, vroue is bevry in SA. Dit help nou nie ’n man sit in mentaliteit nog na swaar Duitse marsmusiek en luister in woestyn van demokrasie en swartwoudkoek eet nie, ek dink met Gwen Lister aan spits van die “bevrydingstryd” vir vroue in Namibië, is jul manlike ego-ondergang al aan die gang. Dalk is die afsondering nou te erg en moet jy so maandeliks ’n draai maak in die “Sodom en Gomorra” van Windhoek?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top