Ek is nou kort voor aftrede en as witman nog nie as bevorderbaar in 16 jaar beskou nie. Tans is dit omdat dit vroue is vir volgende dekade. Tog moet jy n ATM-bommery ervaar. Dis ’n regte stedelike “kontak”. As jy die waarskuwing van ’n dreigende ontploffing kry, is jy klaar in moeilikheid. Jy gaan in ’n doodsakker inry oppad na die toneel. Daar is op al die toegangsroetes ’n man met ’n aanvalsgeweer. Dis baie skote en manne se stemme raak papierdun. Tog is dit binne minute verby. Die adrenalien pomp ure later nog, terwyl die toneel opgeruim word. Wat ek tot nou agtergekom het, klank “verdoof” in die paar minute en tyd staan stil. Ek is nou egter gatvol vir geweld, al is dit net om ’n opehartoperasie met ’n Okapi te sien, bloed stink. ’n Selfmoord met ’n haelgeweer of groot kaliber jaggeweer, vat ’n kop weg. Dit is grillerig. Nee wat, ek sal nou liewer die dikstert geel skerpioene of ’n geel slang verduur, as die ubuntu-geweld van die demokratiese samelewing. Ja, ’n tuin wat meer as ’n peperboom in het, in die droë landelike tuine, is nog altyd ’n paradys. So ’n lushof van plante is rustig. Ek het een oggend na so jong Duitse paar gesit en kyk in die Karoo. Kyk die jong vrou het brêkfis gemaak, die daktent opgevou, skottelgoed gewas en alles weggepak gehad, toe die jong uit toilet slof. Toe draf sy al hek toe om dit oop te maak, terwyl hy die Land Rover op start. Nee dit was sommer ’n juweeltjie met haar vietse lyfie. Ek wens regtig SA-vroue wil oor hul voorheen benadeelde status kom en ’n slag ambagsvroue word in eie reg. Nee wat, ek is nie ’n jêmsteler nie. Sommige manne praat net uit hul beurt om ook ’n belediging van agter ’n nom de plume te kan maak. My Karoo-plekkie groei te stadig vir my. Ek raak haastig om uit Gauteng na “niks” of sommer “zwei mahl niks” te trek.
Hans Richardt

