Al ’n Swapo-koerant gelees uit die bosoorlogtyd? Ek was destyds betrokke by die integrasie van Swapo in die ou Suidwes-polisie en moes vloek en lag oor van die goed in ’n tipiese Swapo-koerant. Bv dat swart vroue “verkrag” was as hul beweeg het. Die Swapo-vrou was heilig oortuig dat dit ’n “nasionale sport” en tydverdryf was vir dienspligtiges. Groot was haar teleurstelling toe sy uitvind dat etniese seksuele amalgamasie nie regtig ’n voorkeur van die tipiese wit troep of man was nie. Ek die week ’n CD-stel gekoop oor die “bosoorlog”. Behalwe van ’n paar ou PF's se eindelose verbale diarree, het ek op “step” na ou plakkate vir die bosoorlog en ECC s’n teen diensplig gekyk. In retrospek, dit was eintlik belaglik. Ek het altyd gesê – “wie wil vir ou Anna en Lion Lager hê, as man ’n Nadia en Vodka kan kry.” Dit het tot gevegte gelei. Tog was dit op n stadium ’n “gier” om ’n Russiese bruid in te voer. Wat ek probeer sê, is dat vandag se prioriteit, more se grap word. Ek sou graag ’n kamer vol van hierdie ou plakkate vir en teen die bosoorlog van alle kante wou sien, net om die mentaliteit van toe teenoor nou neutraal te kan “ervaar”. So in stilte te staan en introspeksie te kan doen. Dit is wat baie manne eintlik nodig het, nugterheid en dan ’n finale afsluit op ’n eie manier van gebeure in jongman-tyd. Om opinies te hoor van jonges van dieselfde ouderdom.
Hans Richardt

