Ek was in 70's op hoërskool en universiteit. Die “hippie” was eers teiken, as onheilige kommunis. In die totale aanslag era, was dit alles wat nie ’n potloodtoets geslaag het nie. Nou leef ons midde van hierdie waaroor oorlog gemaak was. Iewers moes jy mos nou geestelik benadeel gewees het, volgens oorlewering. Daar is geen korrekte model van net wees nie, want deesdae is enige groepsidentiteit ’n diskriminasie. So, is dit nie maar eintlik wat die hippies van begin beoog het nie? Groen lewe? Vrede, nie oorlog nie?
Hans Richardt

