Ek dink jul het ’n vrou as ’n opposisieleier nodig. Maak ’n analogie tussen Gwen Lister en Helen Zille. Albei vuurvreter-joernaliste teen ongeregtighede in NP-era. Sou Gwen Lister 50% van vrouestemme vat in Namibië, het Swapo ’n krisis. Hoekom? Dalk het hul nie meer ’n regstreekse meerderheid nie. Onthou dat die vroue in Namibië die meerderheid stem is in politiek. Ek dink dat onteiening en nasionalisering nie so geredelik rondswaai as politiek nie. Dalk ontslae raak van die macho aanslag in Namibië?
Hans Richardt

