Namib, ek mis Duitse kos

  • 0

Apfelstrüdel, ruark en al die rogbrood. Dan ook ’n regte Schwarze-wald koek, met regte brandewyn in. Dan natuurlik ’n egte Schnitzel. Suurkool, aartappels en ’n varkkneukel klink lekker, maar kan ’n man ongemaklike sweet gee. Sulke kos kan ek gevries koop by Herti, maar is nie dieselfde soos dit in Wöcke en Fuchs of Woermann en Brock was vars uit die oond nie. Al die taalpuriste wat kla oor my skryfsels, ek doen dit op ’n baie klein selfoonskermpie met ’n woordeboek wat Afrikaans opneuk. Dus, geduld. Ek sal my rekenaar op ’n kol aan die gang kry. Ek hou van lekker eet, nie uiteet nie.

Hans Richardt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top