Ek het op ’n kol gekuier daar in die Kalahari. Plakkies in daai duine agter wilde skape, sommige karakoel, is ’n bliksem. Daai sand is warm. Afsondering is erg in Namibië. Die bure is padlangs dikwels so 20km of meer van jou. Dus, om vir buurman te kuier is amper ’n uitstappie op ’n Saterdagmiddag. Dis soos in Karoo. Ek het onlangs in Karoo 200km vir ’n paar pakkies sigarette en 2 pizzas gery op ’n Sondag op ’n grondpad, tot in Ceres. Die nou-eks, kon dit nie glo nie, maar het nog steeds gesê dit was die lekkerste pizzas ooit. Daar is seker nog polisiestasies wat toemaak na 16h00, met ’n telefoon om bystand polisieman op te bel by hek? Ek weet dis ’n vreemde konsep in SA, maar daar moet publiek ’n afspraak maak om polisie te sien, agv afstande en personeel. As jy 500km ry heen en terug vir ’n enkele klagte, is dit oorslaap-sake met ondersoek ingesluit. Die mense in SA kla lekker oor polisie as hul nie binne minute opdaag nie. Gelukkig is dit nie meer kameel-plaas patrollies nie? Dan het die verdagte sommer agterryery so op die maande lange patrollie geword? Ek hou van die afgeleë plekke, maar ’n man het ’n lewensmaat daar nodig, iemand met intimiteit, nie net ’n platoniese vriend nie. Namib, ek verstaan nie hoekom ’n man die intervensies kry, van “jêmstelers”, as ons net praat. Dit maak my as hetroseksueel donners ongemaklik, daar is mans daar wat jou “jêm” sal steel as jy net wegkyk.
Hans Richardt

