Namib, “duiwelsadvokaat”?

  • 0

Ek het gehou van sy “Duiwelsadvokaat”-kolom. Hy het ’n paar manne darem gelooi oor hul sekskapades. Die suide is mos “konserwatief”? So skryf hy van die huishulp wat so geteister was deur die man, toe sy vrou hul betrap op hande knieë voor stoof op ’n koue wintersoggend. Die man het skynbaar gevra of sy nie kan sien hy “bid” vir haar, deur die “hande op te lê”. Waar hy sy “inligting” gekry het, weet man nie. Ja, man voel sommer alleen as die stilte so dik pak om mens in Namibië. Jy kan nie net êrens heen ry om vermaak te kry nie, dit verg beplanning. Ek ken die gevoel in Namibië. Dit bring eerlikheid uit in ’n man. Kry man nog Uhrbock en Maebock of Tafel Lager in Namibië? Die Bock-bier speel nie met ’n man se konstitusie nie, al het jy jou geweerolie gesluk as beskerming teen babelaas? As jy dalk via Upington Kaap toe, stop oor in Calvinia. Elke jaar hou hul Afrika Burn so 80 km van die dorp op Ceres-pad in April. Daar kan jy “hippies” in aksie sien. Jy sal vooraf ’n kaartjie op internet moet koop en ’n kunsbydrae moet maak. Goed om dit te ervaar.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top