Namib, bevryde vrou in SA

  • 0

Namib, ek dink ’n man wat soos ek weer vrou soek na 50, met die kommunis sal moet trou in SA. Die wit vrou was voor 1994 met die Emsie Schoeman-tipe koloniale etiket nie benadeel nie, stemreg en al. Nou na 1994 is hul wetlik polities voorheen benadeeldes. Al die manlike simbole wat jy so besing, is waarvan hul nou bevry moet word. Tog bly die bevrydes weg van ambagsvroue word in SA. Hul wil net die “baas” met kar en byvoordele wees, nie die klaas in oorpak nie. Ja, in Karoo kan man nog vrou in ’n geykte rol kry, maar in stede is dit ’n ander storie. Ek soek na my innerlike vrou, maar kry niks en bly dus in moeilikheid, ’n simbool van onderdrukking van die vrou. Jy leef in veilige afsondering. Ek praat, val nie aan nie.

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top