Hier moet ek met jou saamstem. Daar is net geen vervanging vir kwaliteit nie. Die mode is mos deesdae om die boorpunte so goudkleurig te maak en dan “titanium coated” te roep en die verbruiker vereenselwig die titanium met iets baie sterk en goed, terwyl daai bore nie ’n aks beter is as die ou gewone HSS staal boorpunte nie. As jy die boorpunte vir werk gebruik, dan kom jy gou agter dis kak wat nie veel gate boor nie, dan vervang jy hom of probeer hom weer skerp kry. So sukkel jy en mors tyd. Koop jy byvoorbeeld ’n Wurth- of Goëring-boorpunt doer uit moedertjie Duitsland se hart uit, dan betaal jy ’n groot prys in vergelyking met die “goue wonders” van Sjina, maar hy boor honderde gate en word nie sommer stomp of breek nie. Baie mense kyk na die prys van die ordentlike boorpunte en besluit daarteen, maar neem nie in ag die tydverlies en ekstra ryery om gedurig boorpunte te moet koop nie.
Ek glo vas die groot handelsmerke het ’n naam om te beskerm, daarom is die gehalte van hulle produkte ook beter.
Namib

