"Naald en Gare" deur Marius Smith

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Die strate is do leeg, waar daar eers lewe was
Son bak meedoënloos teen die vensters van my hart
Krake word sigbaar op die verflaag van my siel
Die afval vul my wese, soos ? blinde wat kon sien

Eindelose woorde wat gemors is op verstaan
Maak troos van trane moontlik, die vyand is verslaan
Die wonde word groter, maak letsels op my hart
Noodhulp is nodig as ons liefde dit gaan maak

REFREIN:
Het jy naald en gare?
Vir die regmaak van my siel
Het jy naald en gare?
Vir die regmaak van my siel
Het jy naald en gare?
Vir die regmaak van my siel
Het jy naald en gare?
Die letsels van die seerkry sit hier op my hart
Maak my vir jou lief

Alles lyk dieselfde net soos dit voorheen was
Geraamtes netjies teruggepak in die klerekas
Die stilte na die storm is net die stilte voor die reën
Verbande, naald en gare, om die oorlog toe te smeer

REFREIN

? Warrelwind van emosie waai teen my grense vas
Die strate kry weer mense soos toe daar lewe was
Hou baie baie styf vas as jy die afgrond sien
Trane oor jou wange lawe hart en siel

REFREIN x2
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top