Na my hart verlang
Niks om te sê, niks om te gee
Wens ek kon die verlede net uitvee
Want ons so called sprokie waar liefde sou wen
was geskryf in potlood en nie met pen
Niks om te sê, niks om te gee
Wens ek kon die verlede net uitvee
Want ons so called sprokie waar liefde sou wen
was geskryf in potlood en nie met pen
Alles weg, niks meer oor
jy't my nou vir goed verloor
Voel hoe val my vrese nou
hierdie was jou keuse, onthou
Slaan my met jou hardste hou
ek bly nog steeds lief vir jou
My gedagtes raak uitasem as ek aan jou dink
en my hart wil jou net in al sy emosies verdrink
Maar hoe kan ek?
Hoe kon jy?
Kyk hoe loop ons tyd nou uit
ek en jy is finaal verby
Ek weet daar is net een van jou
al maak dit my bang
Weet ek daar is nou
iemand anders wat na my hart verlang
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


