Op die sesde skeppingsdag besluit God toe dat hy ’n mens gaan maak, maar nie sommer enige mens nie. Nee, hierdie mens gaan soos hy (God) lyk.
Genesis 1:27: En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape.
Dink ’n bietjie hieroor na. As ons na God se beeld geskape is, waarom is ons nie ook onsigbaar nie? Behalwe vir die donker gestaltes wat snags in die donker rondkruip, sien ons mekaar mos duidelik. Dan wonder ’n mens: hoe lyk God nou eintlik? Lyk hy soos ’n Asiër? Het hy dalk skewe ogies soos ’n Japannees, en is hy wit of swart of dalk geel? Het hy dalk die gelaatstrekke van ’n Eskimo, of lyk hy soos ’n Zulu of Khoisan? Dalk lyk hy soos ’n Amerikaanse Cowboy of Rooihuid. As hy saans so kaal voor sy spieël staan, wens hy soms dat hy darem vir hom so ’n ekstra vier duim kon aangesit het? ’n God kan mos nie so ’n kort outjie wees nie, wie sal dan voor hom kniel?
Wat meer is, hierdie mens het hy sommer so uit stof en grond gemaak. Sy vrou se skepping was iets meer gekompliseerd. God moes Adam eers aan die slaap maak om een van sy ribbes uit te slag, wat Hy dan gebruik het om Eva van te maak. En siedaar! Ons se oer-oupagrootjie was ’n hopie grond en ons oer-moeder was ’n ribbebeen.
Hierdie storie wat deur ’n bewoner van die woestyn 4000 jaar gelede geskryf is, is vir Christene heel aanneemlik en daarvoor vra hulle nie bewyse nie. Kom dit egter by die evolusieteorie wat sê dat die mens en die sjimpansee dieselfde voorouer gehad het, en dat dit bewys is deur duisende wetenskaplikes, dan druk hulle hulle oë en ore toe, en vra naarstiglik na bewyse. Dan skryf Kobus op SêNet hierdie snert en praat hy agter sy dominee aan wat beweer dat die evolusieteorie sê dat mense van ape afstam.
Iemand, ek weet nie meer wie nie (dit kon Aristoteles of Voltaire gewees het) het gesê dat as die mens soos ‘n kakkerlak gelyk het, dan sou God ‘n groot en magtige Kakkerlak gewees het.
Groete
Angus


Kommentaar
Angus, ek deel hierdie aanhaling met jou (klik gerus ook op die skakel in die aanhalin vir 'n baie interessante beskouing): The early stages of life evolution are not altogether in conformity with your present-day views. Mortal man is not an evolutionary accident. There is a precise system, a universal law, which determines the unfolding of the planetary life plan on the spheres of space. Time and the production of large numbers of a species are not the controlling influences. Mice reproduce much more rapidly than elephants, yet elephants evolve more rapidly than mice.
Ek kan my nie indink dat jy nie sou weet dat "na Sy beeld geskape" nie beteken dat ons Sy "fisiese" gestalte aangeneem het nie. "Na Sy beeld geskape" beteken dat ons soos Hy, sondeloos geskape is. Ons het nie Sy gestalte nie. Christus het ons gestalte aangeneem.
Soos jy sal onthou het die eerste mens eers in sy volwassenheid gesondig deur ongehoorsaam te wees.
Geen mens word met liefde vir God gebore nie. Hy haat God van die eerste dag af. Dis ons sondige natuur. Die Bybel leer ons dat God dit weet en opdragte aan gelowiges gee om ongelowiges te leer en te onderrig. Mat. 28
Groetnis
Raed-na-Gael
Xenophanes (c 530 BCE) het gesê dat as koeie, perde of leeus hande gehad het om mee te kon teken sou hulle gode gelyk het soos koeie, perde of leeus. Hy vind dit in dieselfde trant glad nie vreemd dat die Ethiopiër se gode swart is en dat hulle plat neuse het nie. Net so het die Traciër se gode blou oë en rooi hare.