"N4-roete" deur Danélle Botes

  • 0

N4-roete

Eerste aand by my het ek amper my kans laat verbygaan
So op my senuwees, skaam en ek was bang
Ek dink toe klaar te laat jy’t gaan slaap
ek wens ek was meer braaf

Soos ek voor jou deur staan dink ek
Kom ons vat ? kans
Jy nooi my in en ek’t gedink dit was ons begin

REFREIN:
Jy se die N4-roete lê te ver tussen my en jou
Ek probeer te veel aan die moontlikheid van ons vasklou
? Boodskap deur die week is heeltemal te veel gevra
en ek weet nie meer of jy nog die begeerteslas wil dra

Hier sit ek alleen op ? Vrydagaand
en ek wonder waarheen die pad met ons twee gaan
Daar is iets op my hart wat ek graag vir jou wil sê
maar ek wonder of jy my nog daarna sou wou hê

Ek’s mal-verlief op jou maar, ek verwag te veel van jou ek weet
As jy by my is voel dit so eg en alles is net reg
Tot wanneer jy my groet en ons die verhouding moet beproef

REFREIN

Ons sou kamp by die dam toe ek jou vra wanneer kom jy nou hier aan
Sê jy dis te koud, ek raak benoud en iewers is daar groot fout
Ek moet eerder gaan leer, dit raak te moeilik om te konsentreer
Die waarheid is eenvoudig, verlig, die einde is in sig

REFREIN

Ek voel jy gee op op my, is dit regtig nou al verby?
Soen my weer soos die eerste keer, ek wil nog probeer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top