"’n Stukkie van jou hemel" deur Elmarie van Schalkwyk

  • 0

Skryf vir my ‘n brief
Oor die donker kant
Van die maan se rug
Op bladsye van sand

Refrein:
Stof vergader daar
Waar drome gaan rus
Gedagtes kreukel
Onder in ‘n breë kis

Steel vir my ‘n ster
Om in my siel te pars
Skil ‘n klein deeltjie
Van Venus en Mars

Refrein: (x2)
Stof vergader daar
Waar drome gaan rus
Gedagtes kreukel
Onder in ‘n breë kis
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top