’n Spesiale dankie aan ons toegewyde natuurmense

  • 0

Die afgelope maand of wat het ek en my gesin die voorreg gehad om ’n dikkop gesinnetjie se broei en kleintjies grootmaak te beskou.

Vir die wat nie weet nie, die dikkop is een van ons kiewiet-spesies aan die Suidpunt van Afrika.

Dikkoppe is glo skaars.

Twee weke gelede het twee kuikentjies hul verskyning gemaak.

Van die begin af was die ouerpaar baie gespanne om so tussen die veld en ons sypaadjie met hul kuikens oor die pad heen en weer te dartel.

Behalwe vir die pad, is ons nog boonop omring met bure se geliefde rondloper katte wat menige janfrederike en olyflyster se einde al beteken het.

Nie te lank nie, en net een kuiken is oor.

Saterdagaand, na afloop van die beste rugby die afgelope dekade, staan die laaste kuiken alleen in sagte reën in die middel van die pad reg voor ons aankomende ligte.

Ek rem betyds en stop voor die diertjie. Dit beweeg nie. Ek klim uit en tel die kuiken sonder enige skarrel in my hande.

Met die rondkyk sien ek ’n kol vere op die sypaadjie en die hele hartseer verhaal van die kuiken se alleen in die pad skril woordeloos in my gedagte. Ja, iemand se oulike en geliefde ou katjie het toe inderdaad weer groot pret die nag gehad.

My dogtertjie ontferm haar met deernis oor die wees-kuiken, en leer op twee jaar en sewe maande die natuur van naby ken.

Daar's geen manier wat ’n leek soos ekke die kuiken sou kon grootmaak nie.

EN, als in Ingels is nie sleg nie ...

Sondagoggend bel my vrou Wildlife in Crisis. Dis ’n rehabilitasie sentrum vir beseerde en wees inheemse diertjies. "Wildlife in Crises" bedryf ’n Artikel 21 maatskappy onder ’n permit van die Gautengse Departement van Natuurbewaring. Hul doel is om alle wildlewe in veilige en natuurlike habitat terug te plaas.

Toe ek oor die hartlike Gail se drumpel stap, kon ek sien ons wesie het weer ’n 99,99% kans op oorlewing.

Baie dankie aan almal oral om die wêreld soos hulle toegewyd in Wildlife in Crisis.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top