'n Sommer lekker liedjie
Vanoggend vat ek die pad
En ry deur die paaie van my kop
En soos die modder om my spat
Kan ek net nie ophou tob
Refrein
Ken jy die draaie van tyd
Ken jy vrese, wyd en syd?
Sê my, waarheen lei more,
Hoe diep trap jy spore
Gister is verby, onherroeplik
Ek wens ek kon daarby hurk
Voor my maak die pad ’n vurk
Kom ons trek die bottel se kurk
Kan ons nie net die tyd rewind
Sê my, sal jy regtig mind
Om die gisters oor te hê
En nuwe paaie aan te lê
As gister weer vandag kon wees
Dan sal ons geen toekoms vrees
Dan maak ons reg die verkeerd
Dan is ons mos volleerd
Hoe sê jy opreg: sorry
Moenie stres, moenie worry
Hoe maak jy reg wat jy verbrou
En hoe kan jy ’n beter lewe bou?
Êrens hoor ek ’n baba huil
In die nag hoe-hoe ’n uil
In die verte ’n motor wat toet
Maar vir eers moet ek groet
![]() |



