Één Skepper

  • 0

(plus ninzi baNtu)

Millennium Drie Krisis, Mens hoef’t eintlik nie t’v’beel,
als wat van waarde sou wees, prehistories kla’ v’deel,
als wat vi’ Millennium Drie Domkop oorbly, Siel-Kapitaal,
kô’t voo’ lank kom sekelman, gou-gou, Homo Sapiens haal

kanti, o Jena, Paradiso, Himmelte, Sy Bly Immer(s) Een Stuk,
Haar Boodskap op Heil’ge Muur ge-Skribbel, Ultra-Graffitieus,
“Maak Liefde!”, Lééf Lewe altyd energiek, Super-Konsensieus,
eisj, hoenerpoepol effens uit litjie, so skeef-skuins, uit gepluk

verwys Mens nog na mede-Mens, Naaste, as “iets”, objek, “stink”,
hoor glattie hoe noodkrete, wêreldwyd, wild-’n-wakker, rond klink,
pejoratiewe, “ras”, “klas”, stereotipes, onkunde-ontkenningsbeleid

pas’t Mens, Millennium Drie Mens, Gewete se seile Wind toe t’draai,
darem ’n klein bietjie, kancinci, Sy Liefde, so Suiwer, t’proe, t’traai,
nesse Skepsel voor Skepper t’staat, skoon stilstom voor Sy Wysheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top