"'n Seël op my hart" deur Ruan Venter

  • 0

'n Seël op my hart

Een akkoord, twee akkoorde, drie akkoorde saam
Een oog, twee oë, besig om te traan
Een hart, twee plekke, hier en waar jy is
Ek praat slegs die waarheid as ek sê dat ek jou mis.

Ek sit hier en ek verlang na jou, wanneer sien ek jou weer?
Al wat tussen ons twee is, is afstand en 'n posbus-deur.
Daar’s so baie wat ek voel, maar so min wat ek kan sê
Boonop als wil ek jou tog so graag hier by my hê

Ek dink so baie aan die aand van ons eerste oogopslag
Die gedagte van jou gee my met elke dag weer nuwe krag
As ek daai aand geweet het dat jy so flippen awesome is
Sou ek my lyn ingegooi het, want ek kyk na die perfekte vis.

So hier’s ek nou, ek sing vir jou van die gevoelens wat ek het
Jy's 'n prinses, ek's 'n prins en ek gaan jou kom red
So skryf 'n brief, en sê jy't my lief, want jy’s my hartedief
Ja skryf dit nou, en pos dit gou, intussen wag ek net vir jou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top