’n Ruiker vir Ma
Ma
Ek maak vir Ma
’n Ruiker blomme op
Uit die skatkis van ons
Afrikaans’ songs
Van Yoti ’n wit angelier
Uit Athene
En Mari ’n geel madeliefie
Goed opgepas
Lize Beeckman gee kappertjiesaad
Uit 3 Darlingstaat
En ’n sonneblom uit Parys
By Janita en Manuel pluk ek tjinkerietjies
Saamgebind met Bles se bloedrooi rose
Gee ek ook vir Ma
Namakwaland se blommeprag
Vir Coenie sal ons vra
Wildevy en narrabos, noem-noem en granaat
En ek sit daarby ’n pouveer
Uit die veld van Rus en Vree
En dryfhout uit die Witleegte se dam
’n handvol seesand van Wildekus se strand
en kosmos van pad se rand
’n ruiker net vir Ma
![]() |



