
Fotobron: Canva
’n Ope brief aan my kanker
Jy is die knop in my bors
’n Harde albaster waar ek druk
Iets wat nie daar hoort nie Kanker,
jy laat my skrik
Jy is vreemde wagkamers en dokters
Jy is toetse en prosedures aan my vlees
Jy is MRI, CT scan en biopsie
Kanker, jy laat my vrees
Jy is maande van behandeling
Jy is ’n rooi chemo-draak in my are
Jy vat my eetlus en maak my moeg
Kanker, waar is my hare
Jy spook in my gedagtes
Jy tol om en om
Jy is voorop in my gebede
Kanker, jy maak my dom
Jy is ’n hospitaal en ’n operasie
Die kwaad word so verban
Hervorming van my vroulikheid
Kanker, ons het ’n plan
Jy is radioaktiewe bestraling
Elke dag kom ek terug
Vir die onsigbare genesing
Kanker, jy moet vlug
Jy is deel van my verlede
Maar jy bly steeds in my kop
Met pille, inspuitings en ondersoeke
Kanker, ons gaan jou stop
Met hulp van BO ...


Kommentaar
Jou pad... nie maklik nie... maar jy het dit gestap, met 'n positiewe gesindheid en ek het dit raakgesien. Ek het waardering en deernis vir jou my vriendin. Jy is vir my 'n voorbeeld, jy gee my moed❤️. God is goed, selfs al kry ons die groot K.
My oorlede eggenote, Catharina, is twee keer hierdeur, eers borskanker en daarna ovariakanker, en toe kon sy nie meer .....
Goeie dag. Ek het n seminaar wat ek oor my kanker moet gesels. Ek vra ma net of ek kan afsluit met jou ope brief