’n Nuwe Afrikaanse woord

  • 7

Foto: Pixabay

Naandsê,

Ek weet egter nie of die die korrekte forum is nie, maar ek wil jul graag in kennis stel van so ’n omskrywende woord waarmee my kleinseun Abraham Furter, vier jaar oud, nou die dag vorendag gekom het.

Ons het die aand vleis gebraai en ook ’n vuur gemaak. Toe hy sien ons maak vuur met die stoele rondom gepak, hardloop hy die huis in en sê: "Ouma, kom kyk, Oupa maak ’n 'omsitvuur'!"

Is dit nie ’n mooi omskrywende Afrikaanse woord nie! Ek persoonlik dink dit moet oorweeg word om die woord op te neem in ons Afrikaanse taal!

Vriendelike Vrystaatse groete

  • 7

Kommentaar

  • Pragtige beskrywende woord. Ek het al die woord “staanvuur” gehoor wat beteken die ‘n vuur wat so groot is dat almal rondom staan om hul koue hande warm te maak.

  • Ek dink ook jou kleinseun se woord gaan klou. “Omsitvuur” en “opsitkers” is eenderse raak sêgoed.

  • Avatar
    Abigail Smith

    Abraham, jy's pragtig, woordkunstenaar! Johan, jul twee kan dalk sit en kyk hoe jul in verskillende kunsvorme kan skilder met die 'omsitvuur!' Die woord is so 'lewendig' (spring vanaf sy skryf-vorm/papier/so visueel) en vol stories! Ek sien 'n boek-omhulsel van die 'Omsitvuur,' mense wie kleurvol 'lewendig' word in 'n raam teen die muur en 'n radio- storie oor 'n klein seuntjie wat roep: "Ouma, kom kyk, Oupa maak ’n 'omsitvuur'!" Hopelik speel daar 'n liedjie op die radio: "Daar by die Omsitvuur!" Dis jou woordjie, Abraham! In jou kinderlikheid is jou skeppingsvermoë so uitbundig soos wat Vader God vir ons beplan! Hoop jy kry nog baie nuwe woorde... ook daar by jou Oupa se 'omsitvuur!'

  • Wonderlik, so gaan die taal alleen oorleef nie, maar van krag tot krag groei.. Uit die mond van die suigeling, nogal!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top