Daar is die afgelope tyd heelwat radioprogramme gewees oor korrupsie, veral oor hoe lede van die publiek hulle dan ook skuldig sou maak aan korrupsie deur omkoopgeld aan 'n verkeerskonstabel of polisieman te betaal, al het dié die inisiatief geneem.
In die verlede is gruweldade gepleeg en dit was regverdigbaar, so word daar geredeneer, omdat die vorige bedeling 'n onwettige en onderdrukkende regering sou wees. Selfs terreur, die aanval van sagte teikens, was gekondoneer.
Nou ontstaan die vraag, in die lig van die feit dat die regering die land in 'n afgrond instuur, of dit nie moreel regverdigbaar is om vir 'n konstabel 'n kas bier te koop nie eerder as om duisende ekstra rande tot die staatskas by te dra wat die geld in elk geval nie gaan aanwend vir die heil van die gewone burger nie.
Jan Rap


Kommentaar
Uitstekende vraag. Dit gaan ook verder: Gegewe die diskriminasie wat Jode onder die Nazi's ervaar het, sou dit nie net verdedigbaar gewees het vir 'n Jood om belasting te ontduik nie, maar eintlik eerder 'n morele plig.
Mens kan 'n saak uitmaak dat dit blankes se morele plig is om nie belasting te betaal aan 'n verdrukkende regime wat rassisme teen ons pleeg nie.
JvNk,
Ek weet die Duitsers het oorlogskuld betaal of is nog besig om te betaal.
Ons Boere egter, of Afrikaners as jy dan nou wil, word tans op 'n kontinue basis benadeel: Met ons eie belastinggeld word ons dorp- en straatname verander, word amptenare aangestel en betaal wat nie Afrikaans kan of hoef te praat nie, word staatsamptenare aangestel wat nie hulle werk kan doen nie ens ens. Met ander woorde, ons betaal om benadeel te word. Dis dan mos nou niks snaaks as 'n ou hier en daar eerder 'n konstabel se dag maak eerder as om nog geld in die vrotbodem-staatskas te stort nie, of hoe?