"’n Liedtjie vir die nuwe meisie" deur Stefan Coetzee

  • 0

’n Liedjie vir die nuwe meisie

Ek moes vir jou wag
Ek het alleen gestaan in hierdie nag
Maar nou is ek vry
Dit voel soos jy

Die sterre wink in jou oë se blink

Koor

Hou my hart stywer vas
Wanneer jy dit aanmekaarlas
Want ek is stukkend, my hart is gebreek
Sal jy hom oppas, of net verder steek?

Droom jy van my?
Want ek droom van jou
Hou jy van my?
Want ek dink ek hou van jou

Wat sou jy sê?
As ek jou vra om my lief te hê?
Antwoord my
Sal jy in my hart kom bly?

Koor

Hou my hart stywer vas
Wanneer jy dit aanmekaarlas
Want ek is stukkend, my hart is gebreek
Sal jy hom oppas, of net verder steek?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top