"'n Lied aan my Liefling" deur Yvette Mertz

  • 0

'n Lied aan my Liefling

Eendag op ? koue dag
toe ek jou sien kon ek nie help om te glimlag
Ek was op my senuwees
en bang my hart word gekneus
maar my vrees was verniet, sonder verdriet
vergewe my as ek dalk na jou strewe
want ek soek jou in my lewe

Ek begin te bewe as ek dink aan ons liefdevolle lewe
Maar ek sal jou nooit eendag kan verkry
want almal sal ons vergelyk en verneder en dit maak net seerder
maar ons kom deur dit en wys vir almal hoe werk dit werklik

REFREIN:
Eendag op ? koue dag
toe ek jou sien kon ek nie help om te glimlag
Ek was op my senuwees
en bang my hart word gekneus
maar dit sal genees, so ek hoef niks te vrees

Ek weet ek sal jou nie verloor, want vir ewig is ons getoor
om aan mekaar te behoort en jou hart is in my weggestoor
Ek wil jou weg van almal en alles hou
want ek’s bang die wêreld begin aan ons verhouding kou
Maar my liefde vir jou sal nooit verflou
Jou briewe aan my is opgevou en ek het dit in my sak gehou
want ek weet ek gaan eendag met jou trou
Ek sal nooit ons verhouding berou, want ek’s lief vir jou

REFREIN:
Eendag op ? koue dag
toe ek jou sien kon ek nie help om te glimlag
Ek was op my senuwees
en bang my hart word gekneus
So ek sal jou briewe weer lees
En besef jy is vir my gemaak, ek hou van jou smaak
en ook as jy aan my raak
Ek soek geen ander draak
want jy is my vrou en ek is lief vir jou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top