? Lewe met jou
Ek staar diep in jou pragtige groen oë
As jy maar net weet, dit is wat my weer laat glo
Ek wil my vingers oor jou sagte lippe streel
En dit passievol met myne toeseël
Ek wil my hand in joune toe vou
en ? belofte maak, Ek bly vir ewig getrou
REFREIN:
Ek wil met woorde jou asem wegsteel
Ek wil hê jy moet na my simpel praatjies luister tot dit jou verveel
Ek wil hê jy moet vir my glimlag
en saam met my laat wakkerbly in die nag
Ek wil hê jy moet myne wees tot die aarde vergaan
want ek dink nie ek sal sonder jou kan bestaan
Ek wil hê ons moet rock shows gaan kyk
Met Metallica-hemde en skinny jeans, gebleik
Ek wil hê ons moet op die langpad ry
en drieuur in oggend ? Steers-burger gaan kry
Ek wil hê ons moet piekniek hou op die strand
en in die maanlig sit en marsmallows brand
REFREIN
Ek wil dans saam met jou onder helder reënboë
en sien hoe blink ons toekoms in jou oë
Môre dra ek jou ring
en my hele lewe sal ek vir jou bring
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


