’n Les: Shakespeare, die dramastudent ... en die orangoetang

  • 11

Dr George Claassen, die dosent van die universiteit hier ter plaatse wat ook bekend (berug by gelowiges?) is vir sy ateïstiese uitgesprokenheid, bied ’n ‘opvoedkundige’ rubriek hier via LitNet aan, waar hy baie gewag maak van die beginsels van die darwinistiese tipe evolusieleer en ook homself subtiel en al te dikwels minder subtiel, uitspreek teen God en Godsdiens en wat daarmee verband hou.

Só het hy dan ook so ’n tipe van ’n kontrolelys opgestel waar hy ‘raad’ gee aan mense hoe om, soos hy dit stel, ‘onsinverkopers’ (dit is nou hoofsaaklik gelowiges) die hoof te bied.

Ek het toe ’n kommentaar voorberei… en ’n enkele reaksie daarop ontvang van ’n sekere Adriaan Coetzee:

“Gaap” – dit is die totaal daarvan … “Gaap”… Een enkele, báie veelseggende, woordjie …

Nou is daar die staaltjie van die dramadosent elders wat private ekstra klasse aangebied het vir eerstejaars ter wille van inskerping en afronding, wat graag moeite gedoen het om dramaklasse vir die eerstejaars interessant te maak en daarom dikwels die studente op ’n uitstappie geneem het waar drama dinge dan bespreek en gedoen, is. Drama-ouens maak maar blykbaar so, dink maar net aan Dead Poets Society.

Só is die klompie uitsoek studente toe een Vrydagoggend na die dieretuin waar hulle die dag se onderwerp sou bespreek en behandel – die bekende en beroemde Merchant of Venice van Shakespeare.

Dit was glo ’n heerlike soel oggend toe die klompie dramastudente stelling inneem op die bankies daar voor die apehokke. Reg voor die knewel van ’n orangoetang, se hok. Dié het ewe belangstellend nadergeskuiwe en hom op ’n gemaklike dwars boomstomp tuisgemaak om die mensekinders te bespied. Ape doen mos graag sulke dinge.

Daar was ’n lewendige debat oor die dieperliggende kwessies wat deur dié beroemde toneelstuk van Shakespeare aangespreek word, soos byvoorbeeld die subtiele protes teen antisemitisme; die rol van genade teenoor hardvogtigheid; kwelsug; die onregverdige inwerking en rol van sosiale korrupsie, ens.

Vinnig het die dramastudente die geleentheid gekry om hul slag te wys met voordrag van passasies van hul keuse uit die toneelstuk. Die klas se mees belowende damestudent het natuurlik die moeilike dialoog van Portia, wat as Balthazar voordoen, gekies en weggespring met die beroemde hofrede teenoor Shylock. Maar sy het dit behoorlik gedoen, soos ’n volbloed dramastudent betaam – sy het haar omgedraai in die rigting van die orangoetang, nader gestap en haar by die reëling staangemaak voor die bonkige, harige knaap in sy hok, asof hý Shylock sou wees. Dié het haar geamuseerd en met verwagting in die kraalogies aangekyk. Selfs nader geskuifel tot sy gevreet byna teen die traliewerk van die hok, was. Dalk iets te ete te wagte gewees ...?

Dáár het sy, aanskyn tot aanskyn met ou orangoetang, weggetrek en die Portia hofrede sielvol en dramaties in die Shakespeariaanse Engels voorgedra asof ou orangoetang, Shylock is, wat sy aanspreek:

“The quality of mercy is not strain’d,
It droppeth as the gentle rain from heaven
Upon the place beneath: it is twice blest;
It blesseth him that gives and him that takes:
’Tis mightiest in the mightiest: it becomes
The throned monarch better than his crown;
His sceptre shows the force of temporal power,
The attribute to awe and majesty,
Wherein doth sit the dread and fear of kings;
But mercy is above this sceptred sway;
It is enthroned in the hearts of kings,
It is an attribute to God himself;
And earthly power doth then show likest God’s
When mercy seasons justice. Therefore, Jew,
Though justice be thy plea, consider this,
That, in the course of justice, none of us
Should see salvation: we do pray for mercy;
And that same prayer doth teach us all to render
The deeds of mercy. I have spoke thus much
To mitigate the justice of thy plea;
Which if thou follow, this strict court of Venice
Must needs give sentence ’gainst the merchant there.”

Die groepie is stomverwonderd oor die louter aangrypende aanbieding van die talentvolle dametjie van dié sielvolle, wyse orakel-hofrede en algar se oë is vol verwagting op die harige ou aap, met die skone dame voor hom, wat die voorreg smaak van God se aardse beste – die mens in sy kreatiewe modus …

Die afwagting …

“Gaaaaap” … lank en innig… sug die ou harige primaat en draai sonder meer om en skuifel grond se kant toe om vir iets te ete te snuffel. Die studente bars uit van die lag vanweë die starre kontras van onbegrip wat deur ou insiglose primaat as reaksie, as waardering, aangebied, word, na aanhoor van die diep, sielvolle, Spirituele betoog uit Shakespeare op sy beste. Die gelag weergalm deur die ou primaat se hok en hy steek was en kyk hulle aan met kraalogies wat die intense onbegrip vir die situasie, soos in diep kuile huisves.

En só, toe die evolusionis gekonfronteer word met stof tot nadenke in my kommentaar, reageer hy soos die ou primaat wat hy as naaste naasverwant vereer –

“Gaap”. Vir dieselfde rede as die werklike orangoetang? Hoe anders? Hulle is dan (of só sê hulle…) naasverwant.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 11

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Die kommentaar wat ek na verwys hierbo in my artikel, is die een by Claasen se rubriek getiteld "Dertien wapens teen onsinverkopers".

  • Gaaaaaaap............

     
    Jou onsinnige uitgebreide skrywes verdien werklik niks meer as so 'n reaksie nie.
     
    Ek was vir 'n tydjie in die buiteland maar steeds bly jou gesanik onlogies, onwetenskaplik en hoogstens vermaaklik. Ek sien jy kommunikeer nou sommer met jouself in jou relasies - nog meer rede om te gaaaaaaaaaaaaaaaaaaaap...............................
     
    Thomas
  • Bly jy is terug Angus, maar dink jy nie die kêrel gebruik dalk al reeds te veel van die medisyne wat jy aanbeveel nie. Ek meen — kyk net na al sy verbale ontlasting hier op SêNet.  En sowat van verbale hardlywigheid geoordeel aan die onsuksesvolle gesukkel en gekreun en die omvang van sy sessies waarna Thomas ordentlikheidshalwe as “uitgebreide skrywes” verwys. Dan is hy nog opportunisties ook as hy dink hy gaan ’n groot vis soos George Claassen met sy vrot aas, wat nog uit die vorige millennium dateer, aan die hoek kry. Groete

    Panda

  • Kobus de Klerk

    Hoe knus pas julle outjies se kommentaar nie in by juis dit wat ek demonstreer nie - veral arme ou Thomas met sy doktorale 'gaaaap'.

    Dit is so, Panda, dat sommige van die kritiek al uit die vorige millennium dateer, en ander vanuit hierdie bloedjong millennium.

    Uitgebreide skrywes van my is dit ook, ja, en ek moes baie sukkel om tussen die massas beskikbare getuienis 'n bietjie uit te kies want ek kan nie alles plaas, nie. Daar is ander, selfs nog ouer as die wat ek gebruik, het.

    En dit is juis die skade en skande vir julle - want die kritiek gaan nie weg nie, dit akkumuleer en bly staan, want dit word nie opgelos nie en kan ook nie opgelos word, nie.

    Bitterlike swak getuigskrif wat jy vir jou eie religie gee, sonder dat jy dit besef, natuurlik.

    As George Claassen werklik so 'n groot vis was, sou hy hom soos een gedra - die sakies aanspreek.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Aan almal met harte.  

    Gelowige en ongelowige of enige ander wat Kobus de Klerk in sy infernale spirituele intelligensie nie eer nie, sal deur hom en al die gebreinspoelde naïwelinge om hom op grond van hul skewe en hatige waarheid neergehaal word.  

    Hierdie jammerlike toedrag van sake is reeds tot vervelens toe en weldeeglik bewys op die werf.  

    Kobus de Klerk handel in die naam van geen ander behalwe homself nie.  

    Mag Jesus Christus onse God ons verlos van die bose.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Ag ou Kobus, jou kastige  'kommentaar' wat jy  'voorberei' het op George Claassen  se artikel het jy verkry deur te google. Dit wil voorkom of Google ook een van jou gode is, want wat jy google is vir jou evangelie.  Waarom voeg jy dit nie sommer by die Drieenige god van jou nie. Vader, seun, die heilige gees en google. Pragtig! 'n Vierenige God.

     
     
  • Kobus de Klerk

    Kerneels,Wat ’n flou poging, Angus! En baie onvolwasse, boonop. Magtig is julle dan tot niks beter in staat nie?

    Gegoogle, Angus? Daar is geen verskil tussen woorde wat van skrif na elektroniese media omgeskakel is, en die wêreld ingestuur is, nie. Vir jou inligting – ons leef in die inligtingsera, en dit beteken jul ondergang.

    So, is dit foutief? Bewys dit. Maar ek gaan nie asem ophou, nie.

    Moenie rookskerms probeer nie. Die kreasioniste is besig om vir julle ’n loesing in wetenskap te gee wat julle nie sal oorleef nie. Dit is ’n feit.

    Enige kind kan verstaan wat ek gesê het, en hulle doen, ook omdat hulle nie bevooroordeel en besoedel is nie, maar suiwer van hart. Maar nadat jy klaar is daarmee, soos jy hierbo vertoon, verstaan jy self ook dit nie eens nie.

    Ek het jou klaar en duidelik geantwoord. Die "verskil", soos jy dit noem, blyk uit die Woord soos ek tevore aangewys het, en ook darem uit die semantiese betekenisse van die woorde. Kortom – die Hemelse Vader word  so genoem weens die feit dat die HERE Jesus na HOM as Vader verwys, soos ek met die nodige Skrifverwysings aangedui het, en die HERE Jesus, die enigste Middelaar tussen ons en die Vader en deur die wedergeboorte, is ons dan nou weer ons ewige Vader. Met "ons", bedoel ek natuurlik die ware gelowiges wie wedergebore is.

    So werk die Goddelike hiërargie vir ons, Kerneels. Moenie van die Woord ’n twispunt probeer maak, nie.

    Juis deur die verlossingswerk van die HERE Jesus ons Christus, mag ons nou ook die Hemelse Vader, ons Hemelse Vader, direk aanspreek in gebed (Mattheus 6:9-13), maar alleenlik deur en in die Naam van ons HERE Jesus (Johannes 14:13-14 g.m. 14:6-7), ons Middelaar (1 Timoteus 2:5).

    Beide die HERE en die Vader is onderskeibare maar onafskeibare (onskeibare) Persone in die Goddelike Drie-eenheid. Die Woord (die Seun, ons HERE Jesus Christus) is immers uit die Vader (Johannes 1:18) en keer telkens weer na die Vader terug (Jesaja 55:10-11 g.m. Johannes 16:9-10, 28). Dit is nie die Vader Self Wie vir ons gekruisig is, nie, maar SY Ewige Woord, die HERE  Jesus ons Christus – Let op : ewige Woord, – ons ewige Vader.

    Daar  is werklik niks moeilik aan te begrype nie. As jy die dinge ontken, probeer jy van die HERE ’n leuenaar maak, wat HY in der ewigheid nie is, nie. HY is die Waarheid, die Weg en die Lewe en die allerenigste toegang tot die Vader – Godheid van die Drie-eenheid. HY, die HERE Jesus, het Homself en die Vader deur die Heilige Gees aan ons kom openbaar as Drie-enige God vanweë die grootskaalse dwalinge wat geheers het

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

    Jy dink dat as jy iets google, dan doen jy navorsing. Jy laat my lag. Jy probeer om wetenskaplikes op hulle foutiewe berekeninge wys deur  sommer  net te glo wat jy google. Wetenskaplikes is wel altyd besig om ander se werk te ondersoek  en te fouteer, maar ek is seker  jy val nie onder hierdie kategorie nie. 
     
    Terloops, dis ook maar wat kreasioniste doen. Hulle uitsluitlike doel is om evolusie af te kraak, verder stel hulle nie in die wetenskap belang nie. Toe daar met Jonathan Wells gespot is dat hy die wetenskap vanuit sy studeerkamer bedryf, het hy darem 'n klompie  paddas gegryp en afgesit laboratorium toe, om wat te bewys, kan ek nie meer onthou nie. Michael Behe het darem sover gekom om 'n muisvalletjie te maak om sy teorie te bewys. John Sanford was eens 'n uitstekende botanikus toe hy 'n ateis was. Nadat sy vrou hom verlaat het, het hy uit die beroep getree, Christen geword, en vanuit sy studeerkamer twak verkondig oor evolusie.
  • Kobus de Klerk

    Genade! Ek weet nie wat gebeur het met my kommentaar hierbo, nie.  Wil voorkom asof twee van my kommentare, een aan Kerneels en die ander aan Angus, deur die kreatiwiteit van 'n moderator iewers langs die kuberpad is 'n soort van collage opgedis, is.

    Nee, Angus, jou kommentaar hierbo het geen vlees aan, nie. Google, vir jou inligting, is 'n soekenjin. Dit bring die soeker by 'n ryke bron van inligting uit, waardeur mens kan sif.

    JY self in jou studies van die ewolusieleer maak gebruik van ander se studieresultate. Of dit nou elektronies of op papier aangebied word, maar immers geen verskil, nie. Kennis is kennis, hoe ookal aangebied.

    As jou kritiek dan teen die aanhalings is - is hulle foutief? Nee? Dan spreek hulle vir sigself.  Jy is vry om die perspektief fee gee, as jy meen daar is sodanig. Jy is veral vry om die oplossing wat intussen vir die probleem gevind is,. wat van onbewysbare hipotese intussen feit gemaak het, ook et weergee. Maar dit doen jy nie, en ook nie jou ikone, nie. Die rede is voor die hand liggend - die oplossing bestaan nie. En daarmee is jy nou opgesaal.

    Dus, dit is die perspektief waarin jou probeer-sommer-wegvee taktiek uitstaan. Dit werk nie. Jy onderskat die intelligensie van diegene wat jou probeer-sommer-wegvee taktiek te siene kry. Hulle sien en weet, dat dit geen oplossing bied, nie.

    Net so jou basislose kritiek teen navorsing wat in 'n studeerkamer gedoen, word. Dit is by uitstek die plek, saam met die biblioteek, waar studie en navorsing verrig word. Daar word alle gewens aangetref oor almal wat al paddas uitmekaar gekerf het om hul te bestudeer.

    Jou probleem is dit - gelowiges het die insig om onmiddellik die swak plekke in jul mondering in te sien, en ook om die verband tussen inligting wat beskikbaar is - gestroop van julle sinnelose hipotese en teorieë waaraan dit so bitterlik swaar moet dra om by julle religie te moet inpas - se relevansie te sien soos dit die Woord bevestig.

    Jy het gewoon geen teenvoeter vir die insig nie - veral nie feite, nie. Daarom verlaat julle jul deur die bank, op slegsêery en pogings tot verdagmakery.  Dit speek boekdele oor julle onvermoëns om die kritiek die hoof te bied met feite.

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

    Ek probeer nie iemand slegsê of verdagmaak nie. ek gebruik hoegenaamd nie jou of die kreasionis se taktiek nie. Ek sê iets reguit soos dit is. En ek sê nou reguit vir jou : google is nie navorsing nie. Dit is slegs inligting wat jy so verkry, en glo my, enige wetenskaplike sal ook eers hierdie inligting sif en toets. jou 'kommentaar voorberei" in jou oorspronklike brief is ongesifte gegoogle. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top