Vir jare al, as daar deur anderskleuriges gehuil word oor die witheid van die Springbokspan het wittes gewys op die gebrek aan wittes in die sokkerspan en gevra hoekom geen haan daarna kraai nie. Hierdie verweer, kan jy maar sê, het naderhand verdwyn seker oor mense die futiliteit daarvan besef het, of begin agterkom het dat ‘transformasie’ eintlik niks anders as ‘verswarting’ beteken nie.
Nou die dag egter, vertel Ehrenreich, na die misrabele vertoning van Bafana-Bafana, dat die span en sy bestuur die samestelling van die bevolking moet weerspieël. Met ander woorde, hy vra wittes om die sokkerspan te kom red.
Dikwels, in besprekingsprogramme oor die agteruitgang van gesondheidsinstansies, die toename in korrupsie, die verval van munisipale dienste ens word die metafoor van ’n skip op verkeerde koers gebruik. ‘Wat kan ons doen om die skip weer om te draai?’ word in byna elke bespreking gevra en die implikasie is dan natuurlik dat die skip eens op ’n tyd op koers was. Die ooglopende vraag, naamlik wát het die skip van sy koers laat afwyk, word nooit gevra nie, want die antwoord is te pynlik om te verwerk, naamlik gebrek aan wittes in die span en bestuur.
Ehrenreich het hardop gesê wat hy al jare gedink (geweet) het. Hoe anders; hy’t mos oë in sy kop. Hy’t as’t ware gebieg sonder benadeling van regte. Gaan ons binnekort dieselfde ervaar van ouens soos Max, Piet, Pierre, Jonathan, Franklin en rektor De Villiers; het hulle dan nie oë in hulle koppe nie?
Jan Rap


Kommentaar
Jan, my bloeddruk het voorheen op gegaan wanneer ek na sommige van ons medeburgers se kommentare soos oa hierbo genoem, geluister het. Ek luister na die kommentare uit 'n ander hoek. Oor die heer Ehrenreich wil ek net die volgende sê, ek dink persoonlik hy is selfs vir sy eie organisasie 'n verleentheid. Daar was al in die verlede lede van die samelewing wat "onnosel" uitlatings gemaak het maar die persone van die hede vat die koek. Ek/ons moet seker lig loop want netnou is ons regses of rassiste.