’n Kopkrappertjie vir Kobus

  • 0

Is Adam met geslagsdele geskape en indien wel, waarom? (Onthou, God het mos eers later, nadat die arme Adam vir al die diere name moes uitdink, en nie vir homself ’n gelyke kon vind nie, tot die besluit gekom om die vrou te skape.)

Ook, ons weet dat beide Adam en Eva geslagsdele moes gehad het ná haar verskyning op die toneel, want die Bybel noem spesifiek dat hulle kaal was, maar nie skaam nie. Maar waarvoor sou hulle dan geslagsdele nodig gehad het, synde voortplanting, kindergeboorte en die pyn wat noodwendig daarmee saamgaan ’n direkte gevolg is van die Sondeval, wat eers later sou plaasvind?

Dink hieroor: as Adam en Eva met geslagsorgane toegerus was, maar geen gebruik daarvoor in die Tuin van Eden gehad het nie, volg dit mos noodwendig dat God by voorbaat die Sondeval as onvermydelik beskou het en die mens reeds tydens die skeppingsproses toegerus het vir die lewe daarna, dan nie?

Wat seg jy van al hierdie dinge (no pun intended)?

Oom Daan

NS Mens moet soms soos ’n kind ophou glo.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top