
Foto: Canva
’n Karoo-gebed
Die is U se karoo, Here,
U se kinders wat hier bly
U teenwoordigheid is tog hier.
Voel U dan nie die stof
die droog in lam se keel
Die droë oë
wat nie meer water huil?
Sien ons raak, Here
Hoor ons droogweg rukkend snik.
Alleen die klippe groei.
Die reën dans in die verte om.
Bring die dans na ons:
Laat hoor die dondertrom,
die blitse se skerp simbaal
totdat ook hier dit meer as drup
en ook ons kan dans in U reën.


Kommentaar
Diep roerend.
Wow Carlie jy mag maar... Jy sê dit so goed... Moet seblief nooit ophou nie, dit spreek met my hart se snare.👌🙏
Pragtig!
Dankie Nelia.
Dankie Madely.