'n Figuur

  • 0

'n Standbeeld help ons onthou
van gister se nasiebou.
Die eer van die verlede
word gedenk in hierdie hede.

'n Reënboogryk geskiedenis
word histories 'n gebeurtenis
vasgevang deur beelde en tradisies
vir toekomstige generasies.

Gevoelens en herinnerings
gedagtes en herdenkings
uitgebeeld in 'n figuur
van geslag tot geslag elke uur.

'n Standbeeld help ons onthou
van gister se nasiebou.
Die seer van die verlede
Word geskend in hierdie hede.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top