"'n Engel om jou" deur Victoria van Tonder

  • 0

'n Engel om jou

In die sonskyn is ek net ek
Net in die aand is ek jou Engel
Dis goed om te weet ek beteken iets vir jou
Ek was gevang en jy het my getoor
Ek hoor nog steeds die engelesang
Ek dink jy het my engelvlerke gebreek om my hart te verneuk

Ek moet gaan, my vlerke sal my neem om jou op te pas
in jou tyd van nood, maar meer as dit
sal ek nie kan doen
Ek vra mooi, vergeet my en weet

REFREIN:
? Engel om jou, net vir jou
Om te misbruik deur jou.
Die engel om jou in jou slaap, sal ek oor jou waak
Jy is wel ? pyn in my hart
Dankie, maar dié engel moet vlieg
waar sy nie meer seer kan kry in haar hart

Verstaan my seer, jy gebruik my net weer
Dink dis reg om engele se vlerke af te skeur, nie myne
Ek moet oor ander waak wat my hart nie meer raak
My lewe sal beter wees sonder die onsekerheid

Ek wou jou help, ek wou jou red
Ek was gereed om jou te sê jy is my hart se dief
Jy sou altyd dié engel se hart by jou dra
Jy speel met my en ek was dom genoeg om jou te glo
Dat ? mens kan verander en my droom bewaar

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top