Op LitNet skryf Crito oor Marius Crous se resensie van Danie Marais se bundel Solank verlange die sweep swaai:
"Twee gedigte kry ’n mate van goedkeuring, maar Crous haal nie daaruit aan nie; sy aanhalings reserveer hy vir dinge wat uiteindelik as dwarsklappe beskou moet word. Die skerpste daarvan (en ek haal dit met ’n mate van bewondering aan vir sy formulering): 'Die dronkverdriet hofnar dreig melodramaties om die tuig neer te lê' (91) is eweneens ’n kragtige manifes oor die digterskap en staan ook in die teken van die aanhaling uit Auden elders in die bundel, naamlik dat poësie eintlik tot niks aanleiding gee nie."
Die bewondering vir die formulering van Crous is ’n titel van ’n Marais-gedig. Dit staan op bladsy 91. Inderdaad ’n dronkverdrietige hofnar.
Joan Hambidge

