’n Derde mag

  • 5

Die regerende party het al dikwels ’n derde mag die skuld gegee vir dinge wat verkeerd loop.  Ons, die ondersteuners van die ander partye, maak dit af as snert en lag daaroor.  Ek dink nie meer mens moet daarvoor lag nie want ek het agtergekom daar is derde magte betrokke by baie aspekte in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Hoe anders verklaar mens die feit dat swarttaalsprekende kindertjies by ’n Afrikaanse skool opdaag en eis om in wittaal-Engels onderrig te word?  Dis mos onmoontlik dat hierdie laerskoolkindertjies self ’n taxi sal neem na ’n gegewe Afrikaanse skool toe of hoe?  Hulle ouers vat hulle soontoe natuurlik maar watter swart ouers sou nou daaraan gedink het om ’n Afrikaanse skool te kies en te eis dat sy kind daar in Engels onderrig moet word?  Swart ouers wil hê hulle kinders moet Engels leer en wie of wat sou hulle die wenk kon gee dat hulle maar na ’n Afrikaanse skool toe kan gaan en dat  hulle kinders sal daar in Engels onderrig kan word?  Moes ’n derde mag gewees het.

Wat anders as ’n derde mag sou ouer-onderwysersverenigings, hoofde ens laat instem om nou skielik klas te gee in Engels, of spesiaal Engelssprekende onderwysers aan te stel? 

Selfde met die Afrikaanse universiteite.  Swart studente het nog altyd hulle oog op Wits of Ikeys gehad want hulle ‘soek’ nie Afrikaans nie.  Wie of wat sou hulle die wenk gee dat hulle maar rustig by ’n Afrikaanse universiteit kan opdaag en die plek verander in ’n Engelse universiteit?  ‘n Derde mag, moet wees.

Wie, of wat, sou die Afrikaanse doserende personeel beweeg om nou ewe skielik in Engels klas te gee?  En wie of wat sou ’n groot gedeelte van die Afrikaanse studentetal kon beweeg om só akkommoderend te wees en te stem vir klasdraf in Engels?  Die vyfde kolonne natuurlik wat maar net die marionette van ’n derde mag is.

Hoe is dit moontlik dat Afrikaanssprekendes ewe gedienstig en gedweë met Engels moet sukkel by die belastingkantoor, munisipaliteit, poskantoor en polisie-aanklagkantoor?  Hoe is dit moontlik dat Afrikaanse radio en TV al hoe meer verengels sonder dat die Afrikaanssprekendes voet neersit?  Hoe is dit moontlik dat Afrikaanse straat-, plek- en dorpsname vervang word sonder dat Afrikaners en masse beswaar aanteken? 

Dit is maar net ’n paar aspekte, daar is nog vele maar ek moet seker een of ander tyd in die bed kom.

Daar is beslis erge breinspoeling aan die gang en medewerking deur ’n vyfde kolonne, alles geadministreer deur ’n derde mag.

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • Jan jy weet nie hoe reg jy is nie. Ek weet nie wat alles in die land aan die gang is nie maar iets ruik soos 'n rot. Ek maak die bewering dat ons weer 'n kolonie is. Daar is "groter lande" met baie groter ekonomieë wat die land "beheer". Dit werk soos in die ou dae. Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê. Die VSA het in die vroeë negentigs 'n splinternuwe ambassade tussen Schoeman- en Pretoriusstrate in Pretoria kom bou. Daar was nie een enkele Suid-Afrikaanse kontrakteur in daardie projek betrokke nie. As ons nie van strategiese belang vir die VSA belangrik was nie, hoekom het hulle die kasarm hier kom bou? Baie VSA-ambassades in Afrika het gesluit. Waarheen is daardie personeel? Vat 'n raai. Die Britte se ambassade-personeelkorps is ook vergroot. Die ander lande is nie ons pelle nie. Die Russe, Sjinese, Indiërs, Turke en ander is ook nie pelle nie, alhoewel die huidige regime so dink agv die "sokkelstryd" (struggle) wat hulle tydens die moeilike dae gehad het. Die nie-regerende organisasies (NGO's) is fronte vir baie organisasies wat lande destabiliseer. Ek het al in vorige briewe genoem dat die VSA en Britte noem die aksies "constructive engagement". Terloops wie befonds vir Malema en sy trawante? Die manne in beheer sien dat die ANC onaantasbaar is. Wat maak jy, jy dryf 'n wig in tussen die mense. Geen "wit" party sal befondsing vanuit de buiteland kry nie. Die DA is vir my ook onder verdenking. Ek dink die "Joodse" invloed loop sterk daar, kan dit nie bewys nie, maar dit is nie onmoontlik nie. Daar is Suid-Afrikaners wat die land destabiliseer, en dit is nie die gepeupel nie. Wat bring onrus in 'n land, geleenthede. Die sekuriteit-industrie baat geweldig baie daarby. Alles is nie pluis nie.

    • Hoe sal mens ooit weet maar wie dit ook al is maar onder andere werk Piet en Max en Pierre en Magdaleen en Karen en dominee saam met hulle, wetend of onwetend.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top