"'n Boksie vol beloftes" deur Yolandi Brenkman

  • 0

'n Boksie vol beloftes

Hoe explain jy?
Daai gevoel diep in jou hart!
Die dag waarvan ek gedroom het toe ek ’n klein meisie was.
Jy is op jou knieë, met ’n boksie vol beloftes in jou hand.
Daar was net trane van blydskap om die stilte te vermy.

Refrein

Na ses jaar in die somer
het ons in die reën gedans.
Met jou hart in my hande
Sal ek dit nooit ooit laat gaan.
Na ses jaar in die somer
het jy aan my bewys
al my hoop en drome
lê diep in jou hart se kluis.

Hoe explain jy?
Al daai memories in jou hart!
Die beelde hardloop soos ’n movie, op die ritme van my hart.
Ek verdwaal in die see as jy met daai blou oë na my kyk.
En daai smile het my al lankal verlei

Refrein

Na ses jaar in die somer
het ons in die reën gedans
met jou hart in my hande
sal ek dit nooit ooit laat gaan.
Na ses jaar in die somer
het jy aan my bewys
al my hoop en drome
lê diep in jou hart se kluis.

Ek wil by jou wees tot in ewigheid
hou my vas
moet nooit laat gaan
Gooi weg daai sleutel want ek bly hier diep in jou hart se kluis.

Refrein

Na ses jaar in die somer
het ons in die reën gedans
met jou hart in my hande
sal ek dit nooit ooit laat gaan.
Na ses jaar in die somer
het jy aan my bewys
al my hoop en drome
lê diep in jou hart se kluis.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top