"'n Blik op die toekoms" deur Nando Fraser

  • 0

'n Blik op die toekoms

Sidderen'd, trillend, skuimend kom die figure oor die vlaktes aan gedreig
Stoeiend, vloeiend, bloeiend donder donker hingse soos duiwels rygoed geneig

Hul ruiters, Masjien, Die Wolf en Die Engel in Rooi
in onheil verwek en deur onlus voltooi
Deur begeerte geslyp, geweld versterk en wellus verryp

Nader en nader kom die oomblik van vergrype
Gewetes vergete, opgesweep, besete
Lemme hygend in hul skede

Fluitend vrygelaat om van keel tot keel en skedel tot skedel te sweef
Amper onsigbaar in hul boosaardige geestesdreef

Statig, stadig, swyend sak stof en stilte neer
Roesbruin rooi alleen verklap wat het gebeur

Soos die sonde het die verval geïgnoreer
Van ver af gekom, tereggestel en teruggekeer

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top