Myself
Ek verbaas myself net meer en meer
Dis tog waar wat hulle sê oor die seer
Dit vat net tyd om deur alles te werk
En al is daar nog ? permanente merk
gebruik ek ? pou se kleurvolle veer
om my selfbeeld 100% te versterk
Vir die eerste paar weke het ek gedink
dat ek nooit weer my hart wil vermink
Na die volgende paar maande se gewonder
kom ek agter hoekom is ek daarsonder
Sonder wat ek wou gehad het
Die aande alleen in my bed
Ek het iemand gevind, vir ? tweede keer
Iemand wat ek nogal baie gemis het
Die een persoon wat weet van al my seer
Die einste persoon is myself, ek
Ek het myself weer raakgesien
en nou is ek weer opgewek
Ek is lus vir wat vir my voorlê
Ek wil net alles wat mooi is in my lewe hê
Vir nou is ekke gelukkig met wat gebeur
Raai wat het ek gevind, die nuwe lewe se deur
? Lewe wat vir my lê en wag
? Lewe waarvoor ek lankal smag
Ek is geseënd met mense wat wel omgee
Al het ek net nooit my oë oopgemaak
Mense wat my paadjies vir my sal skoonvee
Mense wat vir my baie saak maak
Ek is ewig dankbaar vir almal wat daar wil wees
Vir almal wat daar is, al is dit net in gees
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


