Een van vele kunstenaars wat deel vorm van die Wonder van die Afrikaner.
’n Foto van Johannes Meintjes, derde van links, saam met vriende op die strand in die Kaapse skiereiland. Let op die “sports jock strap” as baaibroek van die persoon heel regs, ongehoord in die laat 1940’s op publieke strande toegelaat toe hierdie foto geneem was. Johan Meintjes se wit baaibroek skemer onduidelik deur, en die res geensins sigbaar nie. Kon dit moontlik op Sandy Bay afgeneem gewees het? Johan is op 37-jarige ouderdom (1960) getroud.

Wat veral opvallend is van sy kunswerke, veral sy vroeër jare, was sy voorkeur vir jong mans as onderwerp, selfs een van ’n blonde wit man in omhelsing met ’n kleurling. Dan is die volgende skets ongetwyfeld my “favourite”:



Kommentaar
Ek kyk na die foto en lyk die persoon op die verste regs vir my baie bekend. Was hy nie 'n Afrikaanse akteur nie. Ek kan regtig nie die flieks onthou waarin hy gespeel het nie. Hy was as akteur altyd die flambojante karakter.
Ek sal nie gif drink daarop nie maar ek mag dalk verkeerd wees. Die persoon lyk vir my na 'n baie jonger Johan Malerbe.
Reusedwerg
As in ag geneem word dat die foto om en by tussen 1948 en 1952 geneem was, en indien hy wel 'n film-akteur was, kon dit op daardie tydstip uitsluitlik in een van Jamie Uys se eerste klompie films, soos bv "Daar Doer In Die Bosveld" geskied het. Indien in enige van Elmo de Witt of Emil Noffal se latere films, sou die betrokke persoon in die foto heelwat ouer voorgekom het.
Reusedwerg
Agv jou respons hierbo, het ek verdere navorsing oor die foto gedoen, en die volgende uitgevind:
Jou "akteur" se naam is Joe Garmeson, stigterslid van distrik "74" internasionaal van "Toast Masters" in die vroeë 1950's. Hy is in 2001 oorlede en helfte van sy boedel in die Garmeson Trust Scholarship vir Toast Masters omskep. Dat hy wel "flambojant" was is onmiskenbaar. Of hy wel ook 'n akteur was weet ek nie. In elk geval jy het dit reggekry dat ek geprikkel is om al die ander in die foto ook te probeer uitvind wie hulle was en te navors.
Johannes Meintjes het baie Afrikaanse baanbrekers geken. In 'n ander foto is hy met Arnold van Wyk, musiekkomponis te sien. Onder sy vriende en kennisse was Walter Battiss, Gregoire Boonzaaier, Sir William Plomer (uit die kas gay) en lewenslange vriend, Alexis Preller, ens. Hy het selfs swaarde met nog 'n Afrikaner nl die bekende Lourens van der Post gekruis, laasgenoemde was peetpa tot sy dood van troonopvolger Prins William van Engeland. Elke naam afsonderlik kan op die internet opgesoek word en elk in eie reg heel interessante lewens.
Reusedwerg
Blykbaar het Joe Garmeson ook onder die naam Joe Stewardson gegaan wat as Afrikaanse akteur in vele films voorgekom het.