Vir Kannetjie
Ek hou van ‘n vrou
Wat haar man kan staan
Breed en bonkig van stuk
Sonder toom, sonder juk
Ek hou van ‘n vrou
Met ‘n hart vol son
Sy bou haar huis op die rots
Soos ‘n boer in beton
My vrou is nie mooi nie
Sy’s nie soos Krismis getooi nie
Haar naels is nie rooi nie
Maar haar bakwerk is sterk
Sy’s dalk swaar op die nagskof
Maar sy’s ligter op brandstof
Sy sal almal kan uitstof
Sy sing voor in my kerk
Sy’s soos ‘n prentjie op marmer
Sy’s ‘n preek sonder leuens
Sy’s my tentpen se anker
Sy’s ‘n mens mens mens
Met haar voete van yster
En haar lyf soos ‘n os
Ploeg sy die land om
Vir môre se kos
My vrou is nie mooi nie
Sy’s nie soos Krismis getooi nie
Haar naels is nie rooi nie
Maar haar bakwerk is sterk
Sy’s dalk swaar op die nagskof
Maar sy’s ligter op brandstof
Sy sal almal kan uitstof
Sy sing voor in my kerk
Ek hou van ‘n vrou
Wat haar man kan staan
Breed en bonkig van stuk
Sonder toom, sonder juk
Sy plant uie en grappe
En sy lag elke dag
Vir al daai ouens wat iewers
Op Minky bly wag
My vrou is nie mooi nie
Sy’s nie soos Krismis getooi nie
Haar naels is nie rooi nie
Maar haar bakwerk is sterk
Sy’s dalk swaar op die nagskof
Maar sy’s ligter op brandstof
Sy sal almal kan uitstof
Sy sing voor in my kerk

