Jy is my sprokiesverhaal
Jy is my Afrikaanse taal
Jy is my olyfblaar
Jy is my blikkitaar
Jy is my moreson
Jy is my lewensbron
Jy is my glas rooiwyn
Jy is my maanskyn
Jy is my steunpilaar
Jy is altyd daar
Ek sal nooit weer iemand soos jy kry
Ek sal jou liefhê tot die dood ons skei

