My wenk is om die vrygestelde energie by groot raffinaderye en ander fabrieke waar gifgasse verbrand word, te benut vir die opwek van elektrisiteit.
Die voordele is:1) In die geval van elektrisiteitsopwekking sal dit die las op onhernubare steenkoolbronne verminder.
2) Dit behoort ekonomies te wees, aangesien dit selfbetalend sal wees.Dit is ’n konstante groeiende bron van intense hitte-energie. Soos dit nou is, gaan hierdie energie geheel en al verlore. Dit is nodig dat gifgasse verbrand word, maar die hitte wat daarmee gepaardgaan, kan ook kragsentrales bystaan as dit omgeskakel word in ’n bruikbare vorm van energie, bv. die opwek van stoom en die gebruik van termo-koppels.
3) Dit sal werk skep.
4) Hierdie idee bevat geen newe- of afvalprodukte wat die omgewing kan skaad nie.
Groete,
Roelf Hartzenberg

