
My Taal
Flitsende fluisters vul die lug
pragtige agterklanke kruip na vore
idees en denke gebore
vrese vlug
Woorde wat soos sagte wol om jou lyf kom sit
Die kalmte van koel keelklanke – omhels dit
Pak uit – pak jou kop uit
met ink
Skep ’n mondvol idees uit
verwoord wat jy dink
Bou beelde met woorde klei
skommel letters deurmekaar
voeg hart en siel by
en siedaar

